Wednesday, January 23, 2008

Baie geluk!!

Daar is 'n paar mense wat al vroeg in die nuwe jaar verjaar het. Ek hoop julle almal het 'n wonderlike jaar en dat julle sommer goed bederf is op julle spesiale dae.

Hier is die lysie van Januarie verjaarsdae....

Grant Panell - 10
Reaan Boshoff - 13
Bonita Nortje - 15
Sandy van Niekerk - 16
Lichelle van Huyssteen - 17
Deon van Onselen - 18
Riaan Potgieter - 22
Natasha du Toit - 23
Ilse Wehmeyer - 23
Elmien Dafel - 25
Werner Odendaal - 30

Vir sommige van die ouens en dames hier bo, is dit no 40, maar die meeste het of word nou eers 39. Kan julle glo?? Kyk, 40 was oud toe ons 18 was nie waar nie?????

Thursday, November 08, 2007

Goeie dag!!!

Ok, ek skuld julle 'n baie groot verskoning. Die tyd vlieg verby en dit voel asof ek nie kans kry om grond te vat nie.

Nou ja, ek het laas toe ek met julle gepraat het gevra dat julle asseblief vir my bydraes moet stuur vir die blog. Ek weet dat Jannie Lotter en sy vrou Lindie 'n baba ryker geword het vroeg in die jaar. Ek weet ook dat Francina troue gehou het(hopelik kan ek 'n foto of twee by haar kry). Ek het ook slegte nuus ontvang dat Bernie Bekker in 'n motorongeluk oorlede is vroeër in die jaar. Ek weet ook dat Brent Gerber Pretoria toe getrek het. Stefan Botes het 'n huis gebou en het seker by die tyd al ingetrek.

Ek en 'n paar van die dames het onlangs saam met Natasha(du Toit) Britz gekuier tydens 'n kort besoekie van Ierland af. Ek het ongelukkig nie fotos geneem nie, maar ek weet Natasha het. Kan julle glo dat sy hierheen gekom het vir 'n tandarts afspraak? Dit is glo iets wat ongelooflik duur is ander kant die water.

Ek het verlede Vrydagaand in Martino Ferreira vasgeloop en die man het onlangs 'n noue ontkoming gehad. Hy het griep onderlede gehad en in die hospitaal beland met 'n hart wat uit sy borskas wou klim. Gelukkig kon die dok hom help en na 'n paar dae was hy weer perdfris.

Nog 'n brokkie nuus is dat Ilse(Wehmeyer) Coombs haar tweede dogtertjie ryker is. Sy was in die begin stadium van haar swangerskap tydens die reunie. Baie geluk aan haar!!

Dan het ek vir ons 'n groep gestig op facebook en vir die van julle wat nog nie deur die facebook gogga gebyt is nie, kom by!!!! Ok, nee ek grap maar net. Al wat jy hoef te doen is om jouself op facebook te registreer. Dit is doodmaklik. Die website is www.facebook.com. Sover is ek en Thys Muller lede van die Hoërskool Framesby klas van '86 groep. As jy wel 'n facebook gebruiker is, doen 'n search vir my, Jo-Anne Pfister en stuur vir my 'n uitnodiging om een van jou vriende op Facebook te word. Dan kan jy sommer deur my profile by ons klasgroep ook aansluit. Ek wil graag kyk hoeveel van ons ek op daardie groep kan kry!!!

Ek gaan ook 'n e-mail stuur hieroor!!!!

So, dit is al weer November en presies 'n jaar sedert ek laas iets hier geskryf het. Ek sal nie weer so stout wees nie.

Baie geluk aan almal wat verjaar, trou, babas kry of sommer net 'n algemene geluk aan almal en hou die blink kant bo!!!!

Monday, November 27, 2006

Nederige Verskoning vir die November babas!!!!


Vergewe my asseblief, maar dit gaan doller as dol in my kantoor en ek het nog nie eens 'n kans gehad om die November verjaarsdae op te sit nie.

Ek hoop almal van julle wat reeds verjaar het, het 'n wonderlike verjaarsdag gehad en wens julle vreeslik baie geluk toe!!!!

Hier is die mense wat almal in November verjaar het.


Ockert Marthinus Davis, 04/11

Eugene Ferreira , 4/11

Lynette Zwaan, 04/11

Johan Le Roux, 07/11

Dennis Bernardt Potgieter, 04/11












Hennie Nel, 11/11















Mornay Heunis, 12/11















Deon Joubert, 12/11











Verdun van Niekerk, 13/11

Henry Elvey Austen, 19/11











Antoinette (Nel) Ludick, 19/11

Marilu Oosthuizen, 21/11

Andrio Slabbert, 21/11

Robert Henry van Huyssteen, 21/11

Andries Jacques Gouws, 23/11

Jacobus Diedericks, 24/11

Lidia (Els) Meyring, 24/11

Theunis Theodorus Fourie, 26/11

Monday, October 23, 2006

Hoe ver is die cd???

Ek het so 'n hele klompie e-posse gekry, wat vra hoe ver die cd is. Ek wag nog vir 'n cd wat iemand vir my gestuur het met fotos op en dan gaan ons die cd's begin sny. Alles hang net af van hoe vinnig ek die cd gaan kry.

Net sodat julle weet dat ek nie daarvan vergeet het nie.

Hier is 'n paar van die fotos wat ek van HE af gekry het wat hy geneem het.

Die eerste is een van die ouens wat die Vrydag golf gespeel het.





Wat is die storie met die geld??? Kan een van julle miskien vir ons inlig???







Dan is daar 'n foto van die bittereinders. Dit is nou die klomp wat tot baie laat die Saterdagaand nog gekuier het!!!!


As jy graag die foto groter wil sien, kan jy op hom double click en hy sal in 'n ander venster oopmaak.

Ek wag ook nog op bydraes van julle af. Ek kan die blog met my ou vervelige goed aan die gang hou, maar dit gaan beter werk as julle ook vir my inligting stuur!!!!!

Monday, October 09, 2006

Anita (Crouse) Oelofsen


Ek verjaar 14 April en is op 4 Februarie 1989 getroud met Pierre Oelofsen, ’n boer van Joubertina-area in die Langkloof. Ons het begin uitgaan toe ek in st. 8 was. My seun, Roelof, is gebore op 24 April 1991 en my dogter, Estelle, op 13 Februarie 1994.

Ek het na skool ’n jaar lank sekretarieel aan P.E. Technikon studeer. Daarna het ek by die prokureursfirma Stulting & Cilliers gewerk tot met my troue.

Ek was voltyds ma totdat Estelle begin skoolgaan het. Nou werk ek halfdag as administratiewe assistent by die CMR (Christelik-Maatskaplike Raad) Joubertina.

Roelof doen baie goed in gewigstoot en het al O.P.-kleure verwerf daarin. Hy gaan skool te HTS Daniel Pienaar te Uitenhage en Estelle gaan skool te Hoërskool McLachlan te Joubertina (dit is ’n gekombineerde laer- en hoërskool).

Groete
Anita







(Hyla en Anita se kinders)

Wie dink 38 is oud???

Ek het in 'n mail gevra dat julle vir my fotos stuur en kyk net die pragtige fotos wat ek van Ann af gekry het.

Klomp sexy mense ons jong........






















Dan het Chene ook vir my fotos gestuur en is hierdie foto van haar en Tannie Diedericks nie te dierbaar nie.



of wat van ons hoofmeisie en hoofseun???



So stuur julle bydraes en ek sal hulle gebruik!!!

Thursday, October 05, 2006

Verjaarsdae hierdie maand

Ek wil by voorbaat vir die volgende klompie mense sommer 'n baie gelukkige verjaarsdag toewens!!!

Edward Schon - 1/10






Arno Terblanche - 7/10









Jannie Lotter - 9/10







Bonita van Huyssteen - 11/10
Thys Muller - 12/10





Dennis Snyman - 17/10









Tommie Ferreira - 23/10
Antoinette Du Piesanie - 25/10
Ilse van Vuuren - 30/10





Theresa Saayman - 31/10

Wednesday, October 04, 2006

Hello daar

Na die onlangse baie suksesvolle reunie het ek besluit dat ons 'n dagboek nodig het. Ons was 'n groot groep wat in 1986 aan Framesby Hoërskool matrikuleer het. Sedertdien is 2 reunies al gehou en ons beoog weer een oor 5 jaar.

Hierdie is 'n manier hoe ons mekaar op hoogte kan hou van gebeure en ook sommer net nuus te deel. Ek gaan hierdie adres aan almal wat saam met ons in Framesby was gee en dan kan ons mekaar sodoende op hoogte hou van waar in die wêreld die hele klomp van ons is.

Moenie vrees nie. Ek sal nie persoonlike kontaknommers of e-posadresse gebruik nie. Die oogpunt is dat julle vir my bydraes stuur van huwelike, geboortes, verjaarsdae ens ens. Ek sal dit op hierdie blog publiseer. Ek weet daar is 'n paar wat binnekort gaan ouers word. Daar is iemand wat binnekort gaan trou. Dan is daar iemand anders wat onlangs getroud is. Stuur dus asseblief julle bydraes aan my.

Die volgende paar stukke sal meestal gaan oor die pasafgelope reunie. Met fotos en staaltjies ens wat julle belangstelling sal prikkel.

So, kom ons skep vir ons Klas van 1986 'n stukkie geskiedenis en met julle hulp, kan ons hierdie 'n fantastiese blog maak!!!!