Wednesday, October 04, 2006

Hello daar

Na die onlangse baie suksesvolle reunie het ek besluit dat ons 'n dagboek nodig het. Ons was 'n groot groep wat in 1986 aan Framesby Hoërskool matrikuleer het. Sedertdien is 2 reunies al gehou en ons beoog weer een oor 5 jaar.

Hierdie is 'n manier hoe ons mekaar op hoogte kan hou van gebeure en ook sommer net nuus te deel. Ek gaan hierdie adres aan almal wat saam met ons in Framesby was gee en dan kan ons mekaar sodoende op hoogte hou van waar in die wêreld die hele klomp van ons is.

Moenie vrees nie. Ek sal nie persoonlike kontaknommers of e-posadresse gebruik nie. Die oogpunt is dat julle vir my bydraes stuur van huwelike, geboortes, verjaarsdae ens ens. Ek sal dit op hierdie blog publiseer. Ek weet daar is 'n paar wat binnekort gaan ouers word. Daar is iemand wat binnekort gaan trou. Dan is daar iemand anders wat onlangs getroud is. Stuur dus asseblief julle bydraes aan my.

Die volgende paar stukke sal meestal gaan oor die pasafgelope reunie. Met fotos en staaltjies ens wat julle belangstelling sal prikkel.

So, kom ons skep vir ons Klas van 1986 'n stukkie geskiedenis en met julle hulp, kan ons hierdie 'n fantastiese blog maak!!!!

2 Comments:

At 10:04 AM, Anonymous Anonymous said...

Baie goeie idee om kontak te behou! Ek hoop almal het reünie net so baie geniet soos ek en my familie. Sien uit na die volgende een.
Groete
Anita Crouse (nou Oelofsen)

 
At 12:30 AM, Anonymous Anonymous said...

Uitstekende idee. Ek wens ek kon ook by die reunie gewees het, maar die myle is op die oomblik te veel. Ek sien egter uit daarna om hier te kan kontak he met almal. Arrie - ek is so bly om te sien jy het nog nie jou hare gesny nie. "Rock on" :) Cilente

 

Post a Comment

<< Home