Thursday, November 08, 2007

Goeie dag!!!

Ok, ek skuld julle 'n baie groot verskoning. Die tyd vlieg verby en dit voel asof ek nie kans kry om grond te vat nie.

Nou ja, ek het laas toe ek met julle gepraat het gevra dat julle asseblief vir my bydraes moet stuur vir die blog. Ek weet dat Jannie Lotter en sy vrou Lindie 'n baba ryker geword het vroeg in die jaar. Ek weet ook dat Francina troue gehou het(hopelik kan ek 'n foto of twee by haar kry). Ek het ook slegte nuus ontvang dat Bernie Bekker in 'n motorongeluk oorlede is vroeër in die jaar. Ek weet ook dat Brent Gerber Pretoria toe getrek het. Stefan Botes het 'n huis gebou en het seker by die tyd al ingetrek.

Ek en 'n paar van die dames het onlangs saam met Natasha(du Toit) Britz gekuier tydens 'n kort besoekie van Ierland af. Ek het ongelukkig nie fotos geneem nie, maar ek weet Natasha het. Kan julle glo dat sy hierheen gekom het vir 'n tandarts afspraak? Dit is glo iets wat ongelooflik duur is ander kant die water.

Ek het verlede Vrydagaand in Martino Ferreira vasgeloop en die man het onlangs 'n noue ontkoming gehad. Hy het griep onderlede gehad en in die hospitaal beland met 'n hart wat uit sy borskas wou klim. Gelukkig kon die dok hom help en na 'n paar dae was hy weer perdfris.

Nog 'n brokkie nuus is dat Ilse(Wehmeyer) Coombs haar tweede dogtertjie ryker is. Sy was in die begin stadium van haar swangerskap tydens die reunie. Baie geluk aan haar!!

Dan het ek vir ons 'n groep gestig op facebook en vir die van julle wat nog nie deur die facebook gogga gebyt is nie, kom by!!!! Ok, nee ek grap maar net. Al wat jy hoef te doen is om jouself op facebook te registreer. Dit is doodmaklik. Die website is www.facebook.com. Sover is ek en Thys Muller lede van die Hoërskool Framesby klas van '86 groep. As jy wel 'n facebook gebruiker is, doen 'n search vir my, Jo-Anne Pfister en stuur vir my 'n uitnodiging om een van jou vriende op Facebook te word. Dan kan jy sommer deur my profile by ons klasgroep ook aansluit. Ek wil graag kyk hoeveel van ons ek op daardie groep kan kry!!!

Ek gaan ook 'n e-mail stuur hieroor!!!!

So, dit is al weer November en presies 'n jaar sedert ek laas iets hier geskryf het. Ek sal nie weer so stout wees nie.

Baie geluk aan almal wat verjaar, trou, babas kry of sommer net 'n algemene geluk aan almal en hou die blink kant bo!!!!

2 Comments:

At 10:15 PM, Blogger Brent Gerber said...

Groete en vrede vir ons almal kom ons werk aan die reunies. Ons is legendes in Framesby en kom ons hou kontak. nie een van ons is beter as die ander. Kan nie wag vir volgende reunie nie. mis julle almal. Groete BRENT

 
At 9:46 AM, Blogger Framesby 86 said...

Jy is reg. Ons klomp is legendes!!! Die volgende een is maar net nog 3 jaar weg!!!

 

Post a Comment

<< Home