Monday, October 23, 2006

Hoe ver is die cd???

Ek het so 'n hele klompie e-posse gekry, wat vra hoe ver die cd is. Ek wag nog vir 'n cd wat iemand vir my gestuur het met fotos op en dan gaan ons die cd's begin sny. Alles hang net af van hoe vinnig ek die cd gaan kry.

Net sodat julle weet dat ek nie daarvan vergeet het nie.

Hier is 'n paar van die fotos wat ek van HE af gekry het wat hy geneem het.

Die eerste is een van die ouens wat die Vrydag golf gespeel het.





Wat is die storie met die geld??? Kan een van julle miskien vir ons inlig???







Dan is daar 'n foto van die bittereinders. Dit is nou die klomp wat tot baie laat die Saterdagaand nog gekuier het!!!!


As jy graag die foto groter wil sien, kan jy op hom double click en hy sal in 'n ander venster oopmaak.

Ek wag ook nog op bydraes van julle af. Ek kan die blog met my ou vervelige goed aan die gang hou, maar dit gaan beter werk as julle ook vir my inligting stuur!!!!!

Monday, October 09, 2006

Anita (Crouse) Oelofsen


Ek verjaar 14 April en is op 4 Februarie 1989 getroud met Pierre Oelofsen, ’n boer van Joubertina-area in die Langkloof. Ons het begin uitgaan toe ek in st. 8 was. My seun, Roelof, is gebore op 24 April 1991 en my dogter, Estelle, op 13 Februarie 1994.

Ek het na skool ’n jaar lank sekretarieel aan P.E. Technikon studeer. Daarna het ek by die prokureursfirma Stulting & Cilliers gewerk tot met my troue.

Ek was voltyds ma totdat Estelle begin skoolgaan het. Nou werk ek halfdag as administratiewe assistent by die CMR (Christelik-Maatskaplike Raad) Joubertina.

Roelof doen baie goed in gewigstoot en het al O.P.-kleure verwerf daarin. Hy gaan skool te HTS Daniel Pienaar te Uitenhage en Estelle gaan skool te Hoërskool McLachlan te Joubertina (dit is ’n gekombineerde laer- en hoërskool).

Groete
Anita







(Hyla en Anita se kinders)

Wie dink 38 is oud???

Ek het in 'n mail gevra dat julle vir my fotos stuur en kyk net die pragtige fotos wat ek van Ann af gekry het.

Klomp sexy mense ons jong........






















Dan het Chene ook vir my fotos gestuur en is hierdie foto van haar en Tannie Diedericks nie te dierbaar nie.



of wat van ons hoofmeisie en hoofseun???



So stuur julle bydraes en ek sal hulle gebruik!!!

Thursday, October 05, 2006

Verjaarsdae hierdie maand

Ek wil by voorbaat vir die volgende klompie mense sommer 'n baie gelukkige verjaarsdag toewens!!!

Edward Schon - 1/10






Arno Terblanche - 7/10









Jannie Lotter - 9/10







Bonita van Huyssteen - 11/10
Thys Muller - 12/10





Dennis Snyman - 17/10









Tommie Ferreira - 23/10
Antoinette Du Piesanie - 25/10
Ilse van Vuuren - 30/10





Theresa Saayman - 31/10

Wednesday, October 04, 2006

Hello daar

Na die onlangse baie suksesvolle reunie het ek besluit dat ons 'n dagboek nodig het. Ons was 'n groot groep wat in 1986 aan Framesby Hoërskool matrikuleer het. Sedertdien is 2 reunies al gehou en ons beoog weer een oor 5 jaar.

Hierdie is 'n manier hoe ons mekaar op hoogte kan hou van gebeure en ook sommer net nuus te deel. Ek gaan hierdie adres aan almal wat saam met ons in Framesby was gee en dan kan ons mekaar sodoende op hoogte hou van waar in die wêreld die hele klomp van ons is.

Moenie vrees nie. Ek sal nie persoonlike kontaknommers of e-posadresse gebruik nie. Die oogpunt is dat julle vir my bydraes stuur van huwelike, geboortes, verjaarsdae ens ens. Ek sal dit op hierdie blog publiseer. Ek weet daar is 'n paar wat binnekort gaan ouers word. Daar is iemand wat binnekort gaan trou. Dan is daar iemand anders wat onlangs getroud is. Stuur dus asseblief julle bydraes aan my.

Die volgende paar stukke sal meestal gaan oor die pasafgelope reunie. Met fotos en staaltjies ens wat julle belangstelling sal prikkel.

So, kom ons skep vir ons Klas van 1986 'n stukkie geskiedenis en met julle hulp, kan ons hierdie 'n fantastiese blog maak!!!!